2 Peter 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar veral die wat na die vlees wandel in die begeerlikheid van onreinheid en die regering verag. Vermetel is hulle, eiewillig, hulle is nie bang om van waardigheid kwaad te praat nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy gaan veral húlle straf wat toegee aan die vuil begeertes van hulle natuurlike drange en wat geen respek vir gesag het nie. Hierdie leraars is uitdagend en vermetel. Hulle huiwer selfs nie om glansryke wesens te beledig nie.
Afrikaans 1933/1953
en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te belaster nie,
Afrikaans 1983
Veral húlle sal gestraf word wat toegee aan hulle wellustige vleeslike begeertes en wat die gesag van die Here verag. Hierdie leraars is uitdagend en verwaand en huiwer nie om hemelwesens te beledig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
veral dié wat agter die besoedelende begeerte van die natuurlike liggaam aanloop, en wat gesag verag. Hulle is roekelose, arrogante mense. Hulle skram nie daarvan weg om die hemelse wesens te belaster nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vir wie sal die Here die meeste straf? Hy sal die mense straf wat graag dinge wil doen wat 'n skande is en wat hulleself vuil van die sonde laat word. Hulle dink die Here wat regeer, is nie belangrik nie. Hierdie vals leermeesters praat verkeerd, maar hulle is nie bekommerd daaroor nie. Hulle dink hulle is beter as ander mense. Daarom is hulle nie bang om slegte dinge te sê oor die engele nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is veral daardie mense wat agter al hulle seksuele begeertes aanloop en hulle oorgee aan elke vorm van seksuele perversiteit wat moet lig loop. Hierdie mense wys dat hulle hulle nie aan die Here se gesag steur nie. Daarom gaan Hy hulle swaar straf. Hierdie vals leraars oor wie ek met julle praat, dink heeltemal te veel van hulleself. Hulle is arrogant.