2 Peter 2:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hierdie, soos natuurlike, brute diere, gemaak om gevang en vernietig te word, praat kwaad oor die dinge wat hulle nie verstaan nie; en hulle sal heeltemal omkom in hulle eie verdorwenheid;
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie mense is soos wilde diere sonder verstand, gebore om net gevang en geslag te word. Hulle spot met dinge waarvan hulle niks verstaan nie, en soos wilde diere sal hulle ook uitgeroei word.
Afrikaans 1933/1953
Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan
Afrikaans 1983
Maar hierdie mense praat lasterlik van dinge waarvan hulle niks verstaan nie. Hulle is soos verstandlose wilde diere wat voortgebring word om gevang en doodgemaak te word. Soos wilde diere sal hulle ook verdelg word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aangesien hierdie mense – soos redelose diere, instinkmatige wesens, voortgebring net om gevang en geslag te word – oor dinge laster waaroor hulle onkundig is, sal hulle deur hulle vernietigende optrede ook vernietig word,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En hierdie vals leermeesters is soos diere wat nie verstand het nie, diere wat gebore is sodat mense hulle kan vang en doodmaak. Daarom praat die vals leermeesters sleg oor dinge wat hulle nie verstaan nie. Die Here sal hulle ook doodmaak soos die mense wilde diere doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie mense is soos ’n trop wilde diere wat gevang en vernietig moet word. Hulle sê beledigende dinge sonder dat hulle mooi weet waarmee hulle besig is. Maar hulle sal nie daarmee wegkom nie. Op die ou end sal hulle gevang word.