2 Peter 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle sal die loon van ongeregtigheid ontvang, soos die wat dit behaag om oordag oproer te maak. Hulle is vlekke en vlekke, terwyl hulle met hul eie bedrog smul terwyl hulle saam met jou smul;
Afrikaans (NLV) 2011
Omdat hulle lewe voor God nie reg is nie, kry hulle presies dít wat hulle verdien. Vir hulle is die toppunt van plesier om helder oordag wilde partytjies te hou. As hulle by julle eet, is dit baie sleg vir julle naam, want terwyl hulle saam met julle feesvier, is dit vir hulle lekker om julle saam te vat op die paaie waarop hulle self verdwaal het.
Afrikaans 1933/1953
en die loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die weelderigheid oordag 'n genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul;
Afrikaans 1983
Vir hulle goddeloosheid sal hulle die loon van die goddelose ontvang. Hulle verlustig hulle daarin om helder oordag swelgpartye te hou. Wanneer hulle saam met julle eet, is hulle 'n smet en 'n skande omdat hulle hulle aan uitspattighede te buite gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en as loon vir onreg sal húlle veronreg word. Hulle beskou dit as genotvol om helder oordag te fuif. Terwyl hulle saam met julle feesvier, is hulle skandvlekke, wat hulle verlustig in hulle losbandigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle sal swaarkry, dit is die straf vir die slegte dinge wat hulle doen. Hulle geniet dit om ook in die dag fees te vier en om te veel te eet en te drink. Hulle is soos vuil kolle op klere. Terwyl hulle saam met julle feesvier, hou hulle aan om mense te bedrieg, en so bring hulle skande oor julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En die beloning vir al die kwaad wat hulle hier op aarde aangevang het? Pyn en lyding, vir altyd! Hulle geniet dit om in die middel van die dag die een dronkpartytjie na die ander te hou. Kyk net wat vang hulle alles aan wanneer hulle saam met julle feesvier; hulle gee hulle dan oor aan allerhande uitspattighede. Hulle gaan heeltemal oorboord in hulle dwaalweë.