2 Peter 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Met oë vol owerspel, en wat nie kan ophou van sonde nie; bedrieglike onstabiele siele: 'n hart wat hulle geoefen het met gierige praktyke; vervloekte kinders:
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle pleeg egbreuk met hulle oë, en van sonde kry hulle net nie genoeg nie. Hulle verlei onstandvastige mense, en is goed afgerigte geldwolwe — sulke vervloektes!
Afrikaans 1933/1953
met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het 'n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking.
Afrikaans 1983
Hulle oë is die ene wellus, en aan sonde kry hulle net nie genoeg nie. Hulle verlei onstandvastige mense en is bedrewe geldwolwe, die vervloektes!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle oë is vol owerspel, en hulle kry nie genoeg van sonde nie; hulle verlei onstandvastige siele; hulle harte is geoefen in hebsug; hulle is vervloektes!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle soek altyd vroue wat seks wil hê met hulle, hulle wil altyd meer en meer sonde doen. Party mense se geloof is nie sterk nie, die vals leermeesters wil daardie mense verlei. Hulle wil altyd meer en meer dinge hê. Die Here sal hulle vervloek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Watter skaamtelose mense! Hulle kan hulle oë nie van ander mense se huweliksmaats afhou nie. Die een perversiteit na die ander is hulle kos. Ongelukkig verlei hulle ook ander mense wie se geloof nog nie so sterk is nie om al hierdie dinge saam met hulle te doen. Boonop is hulle geldgierig, die vervloekte spul!