2 Peter 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat die regte weg verlaat en gedwaal het, die weg van Bíleam, die seun van Bosor, wat lief was vir die loon van ongeregtigheid;
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het weggedraai van die reguit pad en verdwaal geraak. Hulle het die pad geloop van Bileam, seun van Beor, wat daarvan gehou het om vir geld verkeerde dinge te doen.
Afrikaans 1933/1953
Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal, en die weg gevolg van B¡leam, die seun van Beor, wat die loon van ongeregtigheid liefgehad het,
Afrikaans 1983
Hulle het die reguit pad verlaat en verdwaal geraak. Hulle het die weg gevolg van Bileam seun van Beor wat daarop uit was om vir geld onreg te pleeg,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Omdat hulle die reguit pad verlaat het, het hulle verdwaal, en hulle begewe op die pad van Bileam, die seun van Bosor, wat lief was vir onregmatige loon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die vals leermeesters doen hierdie dinge omdat hulle opgehou het om te lewe soos die Here wil hê. Hulle het gedoen wat Bileam seun van Bosor gedoen het. Bileam was baie lief vir geld en daarom het hy verkeerde dinge gedoen om die beloning te kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie spul het die reguit pad verlaat. Hulle is van koers af. Hulle doen presies wat Bileam, die seun van Beor, vroeër aangevang het. Hy is daardie vals profeet wie se liefde vir geld hom duur te staan gekom het.