2 Peter 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar is bestraf oor sy ongeregtigheid: die stomme esel wat met die stem van die mens spreek, het die waansin van die profeet verbied.
Afrikaans (NLV) 2011
Bileam is egter op die dwase koers wat hy ingeslaan het, voorgekeer toe ’n stom donkie in menstaal met hom geraas het.
Afrikaans 1933/1953
maar die bestraffing van sy eie oortreding ontvang het: die stom lasdier het met die stem van 'n mens gepraat en die waansinnigheid van die profeet verhinder.
Afrikaans 1983
maar wat oor sy oortreding bestraf is. 'n Stom rydier het met die stem van 'n mens gepraat en 'n einde gemaak aan die onsinnige optrede van die profeet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy is egter tereggewys vir sy oortreding: 'n Donkie, wat stom is, het, deur met die stem van 'n mens te praat, 'n einde gemaak aan die profeet se waansin.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die Here het gesê Bileam doen iets wat verkeerd is. 'n Donkie het vir Bileam die profeet gekeer sodat hy nie 'n dom ding gedoen het nie. 'n Donkie is 'n dier wat nie kan praat nie, maar hierdie donkie het met Bileam gepraat soos 'n mens praat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar die Bybel vertel vir ons dat Bileam se donkie net betyds met hom in ’n menslike stem gepraat het. Dit het gekeer dat die profeet met sy bose planne voortgaan.