2 Peter 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is putte sonder water, wolke wat deur 'n storm gedra word; aan wie die mis van duisternis vir ewig bewaar is.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie mense is so min werd soos opgedroogte fonteine, of soos miswolke wat deur die wind weggewaai word: vol belofte, maar daar kom niks van nie. Vir hulle wag die donkerste donkerte alreeds.
Afrikaans 1933/1953
Hulle is waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur 'n stormwind, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
Afrikaans 1983
Hierdie mense is droë fonteine, miswolke wat deur 'n stormwind voortgejaag word. Vir hulle word in die diepste duisternis plek gehou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie mense is opgedroogde fonteine, miswolke voortgedryf deur 'n stormwind, mense vir wie die diepste duisternis gereed staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hierdie vals leermeesters is soos fonteine wat droog is, daar kom nie water uit nie. Hulle is soos miswolke, 'n stormwind waai hulle weg. Daarom het die Here vir hulle 'n plek gereedgemaak in die donker plek, die baie donker plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mense wat daar by julle optree, is soos fonteine wat opgedroog het. Hulle is soos miswolke wat deur ’n stormwind rondgewaai word. Daarom word daar in die donkerste plekke van die doderyk vir hulle ’n plek gereed gehou.