2 Peter 2:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want dit was vir hulle beter gewees om nie die weg van geregtigheid te ken nie, as om, nadat hulle dit geken het, af te draai van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit sou definitief vir hulle beter gewees het as hulle die pad van geregtigheid nie leer ken het nie, as dat hulle dit wel leer ken het en toe afgewyk het van die heilige voorskrif wat aan hulle oorgelewer is.
Afrikaans 1933/1953
Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
Afrikaans 1983
Dit sou vir hulle beter gewees het as hulle die wil van God nie leer ken het nie as dat hulle dit wel leer ken het en daarna afgewyk het van die heilige gebod wat aan hulle oorgedra is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit sou immers vir hulle beter gewees het as hulle die pad van die •geregtigheid nie leer ken het nie, as wanneer hulle dit wel leer ken het, net om dan weer af te wyk van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As hulle nie geweet het wat die Here sê en hoe hulle moet lewe nie, dan was dit beter vir hulle. Maar nou weet hulle dit, hulle het dit gehoor by die apostels, maar hulle het opgehou om te doen wat die Here wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit sou vir daardie mense beter gewees het dat hulle nooit op God se pad begin stap het nie as dat hulle daarop begin stap het en toe van Hom en sy voorskrifte af weggedwaal het.