2 Peter 2:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar dit het met hulle gebeur volgens die ware spreekwoord: Die hond het weer tot sy eie braaksel verander; en die sog wat gewas was, het in die modder wentel.
Afrikaans (NLV) 2011
Van hulle is dié spreekwoorde waar: “’n Hond gaan terug na sy braaksel toe.” en: “’n Vark word gewas, net om weer in die modder te rol.”
Afrikaans 1933/1953
Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.
Afrikaans 1983
Van hulle is die spreekwoorde waar: “'n Hond gaan terug na sy braaksel toe” en: “'n Vark wat gewas is, gaan rol weer in die modder.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op hulle is die waarheid van die volgende gesegdes van toepassing: “'n Hond keer terug na sy eie braaksel,” en “'n Sog was haarself deur te rol in die modder.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het gedoen soos die spreekwoorde sê, spreekwoorde wat waar is: 'n Hond kom terug na die kos wat hy opgebring het en 'n Vark wat skoon gewas is, gaan terug om weer in die modder te rol.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar is twee spreekwoorde wat hierdie mense baie goed beskryf: “Dit is net ’n hond wat so dom is om na sy eie braaksel terug te loop.” En: “Dit is net ’n vark wat so dom is om in die modder te gaan rol nadat hy skoon gewas is.”