2 Peter 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En deur hebsug sal hulle met geveinsde woorde koophandel aan julle maak;
Afrikaans (NLV) 2011
In hulle gejaag na rykdom sal hulle julle uitbuit met stories wat hulle uit die duim suig. Maar hulle vonnis, waarop God lankal besluit het, wag om uitgevoer te word. Ja, hulle vernietiging wag.
Afrikaans 1933/1953
en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
Afrikaans 1983
In hulle hebsug sal hulle julle met allerhande stories uitbuit. Maar hulle vonnis is lankal gevel, en hulle ondergang is onafwendbaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Deur hebsug gedrewe, sal hulle julle met versinde argumente uitbuit. Hulle vonnis staan reeds lankal gereed; ja, hulle ondergang talm nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hierdie vals leermeesters wil altyd meer en meer goed hê vir hulleself, daarom sal hulle verkeerde stories vir julle vertel om julle te bedrieg. Maar God het lank gelede klaar besluit om hulle te straf, en Hy sal dit doen, Hy sal hulle verlore laat gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie mense is ’n spul geldwolwe. Hulle sal die vroomste stories aan julle opdis net om julle geld in die hande te kry. Maar dit sal hulle nie help nie. God het al lankal besluit wat Hy met hulle gaan doen. Hulle ondergang staan vas.