2 Peter 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en in kettings van duisternis oorgegee het om vir die oordeel bewaar te word;
Afrikaans (NLV) 2011
Julle weet mos: God het selfs die engele nie gespaar toe hulle gesondig het nie. Hy het hulle na die onderwêreld toe gestuur en hulle in donker tronkselle laat hou vir die oordeel.
Afrikaans 1933/1953
Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
Afrikaans 1983
God het selfs die engele wat gesondig het, nie gespaar nie. Hy het hulle in die hel gestort en hulle laat boei om in die duisternis gevange gehou te word vir die oordeel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Trouens, as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle oorgelewer het, deur hulle met boeie in die digte duisternis van Tartarus te werp, en hulle so tot met die oordeel gevange te hou;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God sal hulle straf. Hy was voorheen nie jammer vir die engele wat sonde gedoen het nie. Nee, Hy het hulle in die onderwêreld gegooi. Hy het hulle met kettings in die donker vasgebind en Hy het hulle gelos om daar gevangenes te bly totdat die oordeelsdag kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God laat nie met Hom speel nie. Onthou julle nog hoe Hy selfs ’n klompie engele wat teen Hom gesondig het, nie gespaar het nie. Hy het hulle in die hel gegooi. Daar word hulle nou in die pikdonker dieptes gevange gehou totdat die groot oordeelsdag aanbreek.