2 Peter 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En deur die stede Sodom en Gomorra tot as te verander, het hulle met 'n omverwerping veroordeel, en hulle 'n voorbeeld gemaak vir die wat daarna goddeloos sou lewe;
Afrikaans (NLV) 2011
Later het Hy die stede Sodom en Gomorra tot as verbrand en hulle totaal vernietig. Hy het hulle ’n voorbeeld gemaak van wat met goddelose mense gaan gebeur.
Afrikaans 1933/1953
en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as 'n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;
Afrikaans 1983
Die stede Sodom en Gomorra het Hy tot verwoesting veroordeel en tot as verbrand, en met hierdie voorbeeld het Hy getoon wat oor die goddelose mense gaan kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en as Hy die stede van Sodom en Gomorra tot as verbrand het, toe Hy hulle tot vernietiging veroordeel, en van hulle 'n voorbeeld gemaak het van die dinge wat die goddeloses gaan tref;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het ook die stede Sodom en Gomorra gestraf en Hy het hulle verbrand en verwoes. Hy het dit gedoen om die ander mense te waarsku dat Hy sondaars sal straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het Sodom en Gomorra ook veroordeel en met die aarde gelyk gemaak. Hulle dien as ’n voorbeeld van die soort oordeel wat God sal laat neerkom op almal wat sonder Hom leef.