2 Peter 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
(Want daardie regverdige man wat onder hulle gewoon het, deur te sien en te hoor, het sy regverdige siel van dag tot dag geplaag deur hulle onwettige dade;)
Afrikaans (NLV) 2011
’n Mens kan jou dit indink: Vir iemand wat reg voor God gelewe het, moes dit ’n marteling wees om tussen hulle te bly en dag vir dag soveel van hulle gruweldade te aanskou en aan te hoor.
Afrikaans 1933/1953
want deur wat hy gesien en gehoor het, het die regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke --
Afrikaans 1983
Terwyl hy tussen hulle gewoon het, moes hierdie eerbare man dag vir dag soveel van hulle gruweldade aanskou en sulke dinge aanhoor dat dit 'n foltering was vir sy opregte gemoed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
– die regverdige man het, terwyl hy onder hulle gewoon het, op grond van wat hy gesien en gehoor het, sy regverdige siel dag in en dag uit oor hulle wettelose optrede gepynig;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want Lot het reg gelewe, maar hy het gewoon by die mense wat nie gehoorsaam was aan die wette van God nie, en hy het elke dag gesien en gehoor wat hulle gedoen het. Die dinge wat hulle gedoen het, het elke dag vir Lot baie geskok, want Lot het reg gelewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie goeie man moes dag na dag vaskyk in die verskriklike sondes wat daar hoogty gevier het. Hy wat in die regte verhouding met God geleef het, moes sulke gruwelike dinge aanhoor dat dit hom byna van sy kop af moes laat raak het.