2 Peter 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hierdie tweede brief, geliefdes, skryf ek nou aan julle; in beide wat Ek julle reine gedagtes opwek ter herinnering:
Afrikaans (NLV) 2011
Geliefdes, dit is al die tweede brief wat ek aan julle skryf. In albei het ek probeer om julle weer helder te laat dink deur julle geheue te verfris.
Afrikaans 1933/1953
Dit is reeds die tweede brief, geliefdes, wat ek aan julle skrywe. In albei wil ek deur herinnering julle suiwere gesindheid opwek,
Afrikaans 1983
Geliefdes, dit is al die tweede brief wat ek aan julle skrywe. In albei het ek geprobeer om julle weer helder te laat dink deur julle te herinner aan
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie brief, geliefdes, is reeds die tweede een wat ek aan julle skryf. In beide probeer ek om, deur middel van herinnering, julle helder denke aan te wakker,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My vriende, dit is die tweede brief wat ek vir julle skryf. In hierdie brief en ook in die eerste brief wil ek vir julle help om reg te dink
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My liewe vriende, julle weet dat dit reeds die tweede brief is wat ek aan julle skryf. Net soos in die vorige brief wil ek hê dat julle nou ook baie mooi moet luister en reg dink.