2 Peter 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Op soek na en haas na die koms van die dag van God, waarin die hemele wat aan die brand is, sal vergaan en die elemente sal smelt in vurige hitte?
Afrikaans (NLV) 2011
Sien uit na die Dag van God en maak dat dit nog gouer kom, die dag waarop die Here die hemele aan die brand sal steek en die hemelliggame in vlamme sal wegsmelt.
Afrikaans 1933/1953
julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
Afrikaans 1983
Leef in verwagting dat die dag van God kom en beywer julle daarvoor, die dag waarop die hemel in vlamme sal vergaan en die hemelliggame sal brand en wegsmelt.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wat na die aanbreek van die dag van God uitsien, en dit probeer bespoedig. Dit is die dag waarop die hemele, deurdat dit verbrand word, sal vergaan, en die elemente sal uitbrand en wegsmelt.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet wag vir die dag van God, julle moet wens dat die dag gou sal kom. Op daardie dag sal die hemel en die sterre verbrand en smelt en verdwyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sien uit na die dag waarop die Here terugkom. Leef so dat God die datum van sy terugkeer sal vervroeg. Leef daardie groot dag nader! Op daardie dag sal die hemelruim in vlamme verbrand en al die sterre en planete in ’n oomblik wegsmelt.