2 Peter 3:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar ons sien uit na die nuwe hemele en ’n nuwe aarde, soos God belowe het. Dáár sal almal voor God reg lewe.
Afrikaans 1933/1953
Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
Afrikaans 1983
Maar ons leef in die verwagting van 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar ons verwag, volgens sy belofte, nuwe hemele en 'n nuwe aarde, waar •geregtigheid woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar ons wag vir die nuwe hemel en nuwe aarde wat God belowe het, daar sal mense altyd doen wat God wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons hou met alles in ons vas aan die belofte dat ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde op pad is, presies net soos God belowe het. Daar sal God se wil seëvier. Wat ’n wonderlike vooruitsig!