2 Peter 3:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Julle dan, geliefdes, aangesien julle hierdie dinge vantevore weet, pas op dat julle ook nie, wat deur die dwaling van die goddelose weggelei word nie, uit julle eie standvastigheid val.
Afrikaans (NLV) 2011
Geliefdes, julle weet dit nou vooruit. Wees dus op julle hoede dat julle nie saamgesleep word deur die dwaling van hierdie slegte mense nie. Ek wil nie hê dat julle julle eie standvastigheid verloor nie.
Afrikaans 1933/1953
Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.
Afrikaans 1983
Geliefdes, julle weet dit nou vooruit. Wees dus op julle hoede dat julle nie meegesleep word deur die dwaling van beginsellose mense en so van julle eie standvastigheid beroof word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle dan, geliefdes, aangesien julle hierdie dinge vooruit weet – wees op julle hoede om nie deur die dwaling van beginsellose mense meegesleur te word, en so julle eie standvastigheid te verloor nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My vriende, julle weet klaar dat hierdie dinge later sal gebeur. Daarom moet julle baie goed oppas, want daar is mense wat nie gehoorsaam is aan die wette van God nie. Julle moenie dat hulle vir julle ook laat lewe soos hulle lewe nie, want dan sal julle nie meer seker wees van die dinge wat julle glo nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My liewe broers en susters, ek het julle nou behoorlik gewaarsku teen die mense wat die goeie nuus verdraai. Nou weet julle vooruit wat alles op julle wag. Pas op vir hulle! Moenie deur hulle sondes en skewe leringe meegesleur word nie. Staan sterk in julle geloof.