2 Peter 3:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar groei in genade en in die kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die eer toe, nou en tot in ewigheid. Amen.
Afrikaans (NLV) 2011
Sorg liewer dat julle steeds groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid vir altyd en altyd. Amen.
Afrikaans 1933/1953
Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.
Afrikaans 1983
Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! Amen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus •Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en ook tot op die dag van die ewigheid. •Amen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nee, julle moet aanhou om meer en meer te glo in die genade van ons Here en Redder, Jesus Christus, en om Hom beter te leer ken. Daarom moet ons Hom prys, nou en vir altyd. Amen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Leef net elke dag nog meer uit die liefdevolle goedheid wat ons Here en ons Verlosser, Jesus Christus, vir julle gee. En moet nooit ophou om meer en meer oor Hom te leer nie. Aan ons Here behoort al die heerlikheid, nou en vir altyd. Vir seker!