2 Peter 3:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sodat julle gedagtig kan wees aan die woorde wat tevore deur die heilige profete gespreek is, en aan die gebod van ons, die apostels van die Here en Verlosser:
Afrikaans (NLV) 2011
Ek wil hê julle moet die woorde onthou van die profete wat aan God toegewy was. Onthou ook wat ons Here en Verlosser julle deur julle apostels beveel het.
Afrikaans 1933/1953
sodat julle die woorde kan onthou wat deur die heilige profete tevore gespreek is, en die gebod van ons, apostels van die Here en Verlosser.
Afrikaans 1983
die woorde wat vroeër deur die heilige profete verkondig is, asook aan die gebod van die Here en Verlosser wat deur julle apostels aan julle oorgedra is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sodat julle die woorde kan onthou wat voorheen deur die heilige profete uitgespreek is, en ook die opdrag van ons Here en Verlosser wat julle •apostels deurgegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
sodat julle kan onthou wat die gewyde profete voorheen gesê het. Julle moet ook die wette van die Here en Redder onthou, die wette wat Hy vir die apostels gegee het om vir julle te gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Doen die volgende: Luister na alles wat die profete van die Here vir julle sê. En luister ook na die voorskrifte wat ons Here en Verlosser deur julle apostels vir julle gegee het.