2 Samuel 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het toe op hom gaan staan en hom gedood, omdat ek seker was dat hy nie kon lewe nadat hy geval het nie; en ek het die kroon wat op sy kop was en die armband wat aan sy arm was, geneem en dit hierheen gebring aan my heer.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek het hom toe uit sy lyding verlos en hom doodgemaak,” sê die Amalekiet vir Dawid, “want ek kon sien hy was dodelik gewond na sy val en dat hy nie meer lank sou kon lewe nie. Ek het sy kroon en een van sy armbande gevat om dit na u, my heer, te bring.”
Afrikaans 1933/1953
En ek het by hom gaan staan en hom van kant gemaak, want ek het geweet dat hy nsy val nie sou leef nie; en ek het die kroon wat op sy hoof en die armband wat om sy arm was, geneem en dit hier na my heer gebring.
Afrikaans 1983
Ek het toe nader gestaan en hom doodgemaak, want ek het besef dat hy, nadat hy homself probeer doodmaak het, nie sou bly lewe nie. Ek het die kroon van sy kop af gegryp, ook die armband van sy arm af, en dit vir u gebring.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het by hom gaan staan en hom doodgemaak, want ek het geweet dat hy nie sou leef as hy eers geval het nie. Ek het die kroon wat op sy kop was en die armband wat aan sy arm was, geneem, en dit hierheen vir my heer gebring.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek het na hom toe gegaan en ek het hom doodgemaak, want ek het geweet hy sal nie lank lewe nie omdat hy in sy spies geval het. Ek het die kroon op sy kop en die armband aan sy arm geneem en ek het dit hiernatoe gebring vir Meneer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het toe by hom gaan staan en hom doodgesteek, want ek het geweet hy sal dit nie maak nadat hy so sleg verloor het nie. Ek het die tulband om sy kop en die armband om sy arm afgehaal en dit vir u gebring. Hier is dit.”