2 Samuel 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dawid gryp toe sy klere en skeur dit; en so ook al die manne wat by hom was.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Dawid dit hoor, het hy en sy manskappe hulle klere geskeur.
Afrikaans 1933/1953
Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit; net so al die manne wat by hom was.
Afrikaans 1983
Hieroor was Dawid so ontsteld dat hy sy klere geskeur het, en al sy manskappe ook.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dawid het sy klere gegryp en dit geskeur; so ook al die manne wat by hom was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dawid en al die manne by hom het hulle klere gegryp en hulle het dit geskeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dawid het sy klere gegryp en dit stukkend geskeur. Al sy manne het dieselfde gedoen.