2 Samuel 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het getreur en geween en tot die aand toe gevas oor Saul en oor sy seun Jónatan en oor die volk van die HERE en oor die huis van Israel; want hulle is deur die swaard geval.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het gerou en getreur en tot die aand toe gevas oor die dood van Saul en Jonatan en oor die volk van die Here en die krygsmanne van Israel omdat hulle gesneuwel het.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun Jonatan en oor die volk van die HERE en oor die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het.
Afrikaans 1983
Hulle het tot die aand gerou en getreur en gevas oor Saul en sy seun Jonatan en oor die volk van die Here, die Israeliete, omdat hulle gesneuwel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het gerou en gehuil, en tot die aand gevas oor Saul en sy seun Jonatan, en oor die manskappe van die Here en die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het tot die aand gerou en gehuil en gevas oor Saul en sy seun Jonatan, oor die manne van die Here en oor die volk Israel, want hulle het in die oorlog gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het daardie hele dag niks geëet nie. Hulle het gehuil en hardop uitgeroep: “Arme Saul! Arme Jonatan! Die arme volk van die Here! Die arme Israeliete wat in die oorlog dood is!”