2 Samuel 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Dawid aan die jongman wat hom vertel het: Waar is jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van 'n vreemdeling, 'n Amalekiet.
Afrikaans (NLV) 2011
Dawid vra toe vir die jong man wat die nuus gebring het: “Van waar is jy nou weer?” Hy antwoord: “Ek is ’n vreemdeling, ’n Amalekiet.”
Afrikaans 1933/1953
Verder sê Dawid aan die jongman wat hom die boodskap gebring het: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van 'n vreemde man, 'n Amalekiet.
Afrikaans 1983
Dawid het toe vir die jongman wat hom die berig gebring het, gevra: “Van waar is jy nou weer?” Hy het geantwoord: “Ek is nie 'n landsburger nie. Ek is 'n Amalekiet.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dawid het vir die jong man wat die berig vir hom gebring het, gevra: “Waar is jy vandaan?” Hy het gesê: “Ek is die seun van 'n •vreemdeling, 'n Amalekiet.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dawid het vir die jongman wat dit vir hom kom vertel het, gevra: “Van waar kom jy?” Hy het gesê: “Ek is die seun van 'n vreemdeling, 'n Amalekiet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dawid het vir die jongman wat die boodskap gebring het, gevra: “Hoe het jy gesê, waar kom jou mense vandaan?” Hy antwoord hom: “My pa is ’n Amalekiet wat net vir ’n rukkie in die land bly.”