2 Samuel 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Dawid vir hom: Hoe was jy nie bevrees om jou hand uit te steek om die gesalfde van die HERE te vernietig nie?
Afrikaans (NLV) 2011
“Was jy dan nie bang om die gesalfde van die Here dood te maak nie?” vra Dawid vir hom.
Afrikaans 1933/1953
En Dawid sê vir hom: Hoe? Jy was nie bevrees om jou hand uit te steek om die gesalfde van die HERE om te bring nie?
Afrikaans 1983
Dawid het vir hom gesê: “Dus was jy nie bang om jou hand uit te steek en die gesalfde van die Here om die lewe te bring nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop sê Dawid vir hom: “Hoe is dit dan dat jy nie eers bang was om jou hand uit te steek en die gesalfde van die Here te vernietig nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dawid sê toe: “Hoekom was jy nie bang om jou hand uit te steek om die gesalfde van die Here dood te maak nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dawid sê vir hom: “O so, en toe is jy nie eens bang om jou hand vir die gesalfde koning van die Here op te tel en hom dood te maak nie!”