2 Samuel 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Dawid het een van die jongmanne geroep en gesê: Gaan nader en val op hom. En hy het hom geslaan dat hy gesterf het.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe beveel Dawid een van sy manskappe: “Maak hom dood!” Die man het die Amalekiet aangeval sodat hy gesterf het.
Afrikaans 1933/1953
Daarop roep Dawid een van die jongmanne en sê: Kom nader, val op hom aan! En die het hom neergeslaan, dat hy gesterf het.
Afrikaans 1983
Toe roep hy een van die manskappe en sê vir hom: “Kom hier! Maak hom dood!” Die manskap het hom toe doodgemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dawid roep toe een van die jong manne en sê: “Kom hier! Val hom aan!” Hy het toe die man neergevel, en hy het gesterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dawid roep toe een van sy eie jongmanne en sê: “Kom, maak hom dood.” Die jongman het dit gedoen, en die Amalekiet het gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dawid roep toe een van sy jongmanne. “Kom hier!” sê hy vir hom. “Maak dié man van kant!” Die man het toe die Amalekiet doodgemaak.