2 Samuel 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Dawid vir hom: Jou bloed is op jou hoof; want jou mond het teen jou getuig en gesê: Ek het die gesalfde van die HERE gedood.
Afrikaans (NLV) 2011
“Jy het jou eie doodsvonnis uitgespreek,” sê Dawid, “want jy het self erken: ‘Ek het die gesalfde van die Here doodgemaak.’”
Afrikaans 1933/1953
En Dawid het vir hom gesê: Jou bloed is op jou hoof, want jou mond getuig teen jou, omdat jy sê: Ek het die gesalfde van die HERE gedood.
Afrikaans 1983
Dawid het hom toegevoeg: “Jy het jou dood gesóék, want jy het jouself veroordeel toe jy gesê het: Dit is ek wat die gesalfde van die Here doodgemaak het!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dawid het nog vir die Amalekiet gesê: “Jou bloed is op jou kop, want jou eie mond het teen jou getuig toe jy gesê het, ‘Ek het self die gesalfde van die Here doodgemaak.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dawid het vir hom gesê: “Dit is jou eie skuld dat jy moet sterf, want jy het self gesê jy het die gesalfde van die Here doodgemaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dawid se laaste woorde aan hom was: “Jou dood kan nie gewreek word nie, want jy het met jou eie mond erken dat jy die dood verdien toe jy gesê het: ‘Ek het self die gesalfde koning van die Here die doodsteek gegee.’”