2 Samuel 1:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
(Hy het hulle ook beveel om die kinders van Juda te leer hoe die boog gebruik word; kyk, dit is geskrywe in die boek Jaser.)
Afrikaans (NLV) 2011
Later het hy beveel dat dit vir almal in Juda geleer moes word. Dit staan bekend as die Booglied, en is opgeteken in Die boek van die Opregte.
Afrikaans 1933/1953
en hy het beveel om die kinders van Juda die Booglied te leer; kyk, dit is geskrywe in die Boek van die Opregte.
Afrikaans 1983
Hy het opdrag gegee dat hierdie booglied aan die inwoners van Juda geleer moet word. Die lied is ook opgeteken in die Boek van die Opregte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het die nageslag van Juda aangesê om dit, Die Booglied, te leer. Kyk, dit staan geskryf in die Boekrol van die Opregte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het gesê die mense van Juda moet die lied leer. Hy het dit “Die Booglied” genoem en hy het gesê hulle moet dit skryf in die Boek van Jasar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die lied se naam is “Die Boog”. Dit is opgeteken in die Boek van die helde. Dawid het gesê al die mense van Juda moet dit leer. Dit klink só: