2 Samuel 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En op die derde dag kom daar 'n man uit die laer uit met Saul se geskeurde klere en grond op sy hoof; en toe hy by Dawid kom, val hy voor die aarde, en het eerbetoon gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011
toe daar op die derde dag ’n man van Saul se kamp af aankom. Sy klere was geskeur en daar was grond op sy kop as teken van rou. Toe hy by Dawid kom, val hy in eerbied voor hom op die grond.
Afrikaans 1933/1953
kom daar op die derde dag 'n man uit die leër, van Saul af, met geskeurde klere en grond op sy hoof. En toe hy by Dawid kom, val hy op die grond en buig hom neer.
Afrikaans 1983
***
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op die derde dag kom daar onverwags 'n man van Saul af, van die leër af. Sy klere was geskeur en daar was grond op sy kop. Toe hy by Dawid aankom, het hy op die grond neergeval en diep neergebuig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en op die derde dag het daar iemand gekom uit die kamp van die manne van Saul. Die man se klere was geskeur en daar was grond op sy kop. Toe hy by Dawid kom, het hy laag gebuig en hy het op die grond gaan lê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
toe kom daar ’n man aan wat saam met Saul in die oorlog was. Sy klere was geskeur en hy het grond op sy kop gehad. Toe hy by Dawid kom, het hy op sy knieë gaan staan en laag gebuig.