2 Samuel 1:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Vertel dit nie in Gat nie, maak dit nie bekend op die strate van Askelon nie; dat die dogters van die Filistyne nie bly wees nie, dat die dogters van die onbesnedenes nie triomfeer nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Vertel dit nie in Gat nie, maak dit nie bekend in die strate van Askelon nie; anders sal die dogters van die Filistyne hulle verheug, die dogters van die onbesnedenes sal jubel.
Afrikaans 1933/1953
Vertel dit nie in Gat, verkondig dit nie op die strate van Askelon nie, sodat die dogters van die Filistyne hulle nie verheug, die dogters van die onbesnedenes nie jubel nie!
Afrikaans 1983
Moet dit nie in Gat vertel nie; moet dit ook nie bekend maak in Askelon se strate nie, anders sal die Filistynse meisies bly wees en die dogters van die heidene jubel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Maak dit nie in Gat bekend nie, versprei die nuus nie in die strate van Askelon nie; anders verheug die dogters van die Filistyne hulle, anders jubel die dogters van die onbesnedenes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet dit nie vertel in die stad Gat nie, julle moenie daarvan praat op die strate van die stad Askelon nie, want dan sal die vroue van die Filistyne bly wees, die heidenvroue sal juig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vertel dit nie in Askelon, in Gat nie; hou dié nuus dig vir elke mens op straat! Want anders is die heidene weer bly, hou die Filistyne se vroue ’n fees!