2 Samuel 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Berge van Gilboa, laat daar geen dou wees nie, en laat daar geen reën op julle wees of velde van offerandes nie; want daar is die skild van die magtiges, die skild van Saul, daar weggegooi asof hy nie gesalf is nie olie.
Afrikaans (NLV) 2011
Berge van Gilboa, mag daar geen dou of reën op julle hange wees nie, want die skild van die dapperes is daar geskend, die skild van Saul is nie met olie ingesmeer nie.
Afrikaans 1933/1953
Berge van Gilboa, mag op julle geen dou en geen reën en geen velde van offergawes wees nie! Want daar is die skild van die helde weggegooi, die skild van Saul, sonder dat dit met olie gesalf is.
Afrikaans 1983
Gilboaberge! Offerland! Nóg dou, nóg reën vir julle! Waarlik, dáár is die heldeskild besoedel. Saul se skild — dit is nie met olie ingesmeer nie
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Berge by Gilboa, mag daar geen dou, geen reën op julle val nie, mag daar nie landerye wees wat •wydingsgeskenke lewer nie. Want daar is die skilde van helde besoedel, die skild van Saul, sonder dat dit gesalf is met olie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Berge van Gilboa, daar moenie meer dou of reën op julle val nie, daar moenie koring of vrugte wees om te offer nie. Want daar op julle het die skilde vuil geword van die grond, die skilde van die mense wat oorlog moes maak, en daar het die skild van Saul bly lê, niemand het olyf-olie daarop gesmeer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gilboaberg, jou vervloekte plek! Ek wens dit dou nooit op jou nie, ek hoop dit reën nooit op jou hoë weiveld nie. Op jóú lê daar ’n held se skild in die grond getrap. Dis Saul se skild vol bloed. Niemand sal dit ooit weer by die huis met olie smeer nie.