2 Samuel 1:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Van die bloed van die gesneuweldes, van die vet van die helde, het die boog van Jónatan nie teruggedraai nie, en die swaard van Saul het nie leeg teruggekeer nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Sonder die bloed van die gesneuweldes, sonder die vet van die dapperes, het die boog van Jonatan nooit uit ’n geveg teruggekom, of die swaard van Saul van die slagveld af nie.
Afrikaans 1933/1953
Sonder die bloed van die gesneuweldes, sonder die vet van die helde het die boog van Jonatan nie agteruitgewyk en die swaard van Saul nie leeg teruggekeer nie.
Afrikaans 1983
maar met bloed van gesneuweldes, met vet van helde! Jonatan se boog — dit het pal gestaan. Saul se swaard — dit het sy werk goed gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Vir die bloed van gesneuweldes, vir die vet van helde, het die boog van Jonatan nooit teruggedeins nie; die swaard van Saul het nooit leeg teruggekeer nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die pyl en boog van Jonatan het nie opgehou om raak te skiet nie, die swaard van Saul het aangehou om Filistyne te laat sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jonatan se boog het altyd raak geskiet. Ja, jy kon maar weet: wanneer hy en Saul hulle swaarde uittrek, dan loop die bloed!