2 Samuel 1:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dogters van Israel, ween oor Saul, wat vir julle skarlakenrooi en ander lekkernye beklee het, wat goue versierings op julle kleed aangetrek het.
Afrikaans (NLV) 2011
Dogters van Israel, treur oor Saul. Hy het julle ryklik geklee en goue ornamente gegee.
Afrikaans 1933/1953
Dogters van Israel, ween oor Saul, wat julle weelderig beklee het met skarlaken, wat goue versiersels aangebring het op julle gewaad.
Afrikaans 1983
Israelitiese dogters, julle moet huil oor Saul! Hy het julle beklee met sierlike klere, goue sierade het hy daarop laat aanbring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Dogters van Israel, huil oor Saul, hy wat julle in karmosynrooi geklee, met juwele versier het, wat julle klere met goue juwele getooi het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vroue van Israel, julle moet huil oor Saul, dit is hy wat vir julle mooi, bloedrooi klere laat aantrek het en wat vir julle goue juwele laat dra het op julle klere.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vroue van Israel, julle moet huil oor Saul, oor die man wat vir julle die mooiste klere en juwele gegee het.