2 Samuel 1:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek is benoud oor jou, my broer Jonatan; baie aangenaam was jy vir my; jou liefde vir my was wonderlik, verby die liefde van vroue.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek is bedroef oor jou, my broer Jonatan! Jy was baie naby aan my. Jou liefde was vir my buitengewoon, dit oortref die liefde van vroue!
Afrikaans 1933/1953
Ek is benoud om jou ontwil, my broer Jonatan! Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.
Afrikaans 1983
Ek is bedroef oor jou, my broer Jonatan. Jy was baie na aan my hart. Jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van enige vrou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek is terneergedruk oor jou, Jonatan, my broer. Jy was baie dierbaar vir my. Wonderlik was jou liefde vir my, nog meer as die liefde van vroue.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My broer Jonatan, ek huil en treur oor jou. Jy was vir my baie kosbaar. Dit was wonderlik dat jy lief was vir my, wonderliker as dat vroue lief was vir my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek is so hartseer oor jou, my broer, my heel beste vriend. Jou vriendskap was vir my meer werd as al die vroue se liefde.