2 Samuel 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Dawid vir hom: Hoe het dit gegaan? Ek smeek jou, vertel my. En hy antwoord: Dat die volk uit die geveg gevlug het, en ook baie van die volk het geval en gesterf; en Saul en sy seun Jonatan is ook dood.
Afrikaans (NLV) 2011
“Wat het gebeur?” vra Dawid. “Vertel my hoe sake verloop het.” Die man antwoord hom: “Die leër het op die vlug geslaan en talle van hulle het gesneuwel. Saul en sy seun Jonatan is ook dood.”
Afrikaans 1933/1953
Verder sê Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun Jonatan is dood.
Afrikaans 1983
“Wat is aan die gang? Vertel my!” het Dawid aangedring. Hy het toe vertel dat die leër uit die geveg weggevlug het, dat 'n groot deel van die leër gesneuwel het, en dat Saul en sy seun Jonatan ook dood is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dawid sê vir hom: “Wat het gebeur? Vertel my, asseblief!” Hy sê toe dat die manskappe uit die geveg gevlug het, dat ook baie van die manskappe geval en gesterf het, en dat selfs Saul en sy seun Jonatan dood is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe vra Dawid vir hom: “Wat het gebeur, vertel asseblief vir my.” Die man het gesê: “Die manne het gevlug uit die oorlog, en baie manne het gesterf. Saul en sy seun Jonatan is ook dood.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Wat het gebeur? Vertel my!” sê Dawid. Die jongman vertel toe hoe die manskappe gevlug het, hoe baie daar dood is en dat Saul en sy seun Jonatan ook dood is.