2 Samuel 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die jongman wat hom vertel het, sê: Toe ek toevallig op die berg Gilboa gebeur het, kyk, het Saul op sy spies geleun; en kyk, die strydwaens en perderuiters het hom hard agtervolg.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy antwoord: “Ek was toevallig op Gilboaberg toe ek sien Saul leun op sy spies terwyl die strydwaens van die vyand naderkom.
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê die jongman wat hom die boodskap gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilboa, en kyk, Saul het op sy spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit;
Afrikaans 1983
Hy het geantwoord: “Ek was heel toevallig op Gilboaberg. Daar merk ek toe dat Saul hom met sy spies om die lewe probeer bring, terwyl die Filistyne se strydwaens en hulle drywers kort op sy hakke was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die jong man sê toe: “Ek was heel toevallig op die berg van Gilboa, en sowaar, daar leun Saul op sy vegspies, terwyl die strydwaens en die perderuiters al op hom is!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die jongman het gesê: “Ek het op Gilboa-berg gekom, en daar het ek vir Saul gesien, hy het in sy spies geval. Die Filistyne se oorlogkarre en hulle manne op perde was rondom hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die man wat die boodskap gebring het, sê: “Ek was heel toevallig op Gilboaberg. Daar sien ek toe vir Saul waar hy swaar op sy spies leun. Die soldate in die strydwaens was al op hom.