2 Samuel 11:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het die boodskapper bevel gegee en gesê: As jy klaar is om die sake van die oorlog aan die koning te vertel,
Afrikaans (NLV) 2011
Hy sê vir die boodskapper: “Lewer verslag oor die geveg aan die koning.
Afrikaans 1933/1953
En hy gee die boodskapper bevel en sê: Net soos jy die hele beloop van die geveg aan die koning klaar vertel het --
Afrikaans 1983
Hy het die boodskapper beveel: “As jy vir die koning die verloop van die geveg klaar vertel het
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het die boodskapper opdrag gegee: “Wanneer jy klaar die hele verloop van die oorlog aan die koning oorgedra het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Joab het vir die boodskapper gesê: “As jy klaar vir die koning vertel het wat alles in die oorlog gebeur het, dan sal hy kwaad word en vir jou sê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het vir die man wat die boodskap na Dawid moes neem, mooi gesê: “As jy vir die koning alles klaar vertel het van die geveg,