2 Samuel 11:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe die vrou van Uría hoor dat haar man Uría dood was, het sy oor haar man getreur.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Batseba hoor dat haar man dood is, het sy oor hom gerou.
Afrikaans 1933/1953
Toe die vrou van Ur¡a hoor dat haar man Ur¡a dood was, het sy gerouklaag oor haar heer.
Afrikaans 1983
Urija se vrou het gehoor dat haar man dood is en sy het oor hom getreur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die vrou van Urija hoor dat Urija, haar man, dood is, het sy oor haar eggenoot gerou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Urija se vrou hoor dat haar man dood is, het sy gerou oor haar man.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Urija se vrou hoor haar man is dood, het sy ’n week lank by die huis gebly om te rou.