2 Samuel 13:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Jonadab sê vir die koning: Kyk, die koning se seuns kom; soos u dienaar gesê het, so is dit.
Afrikaans (NLV) 2011
“Kyk!” sê Jonadab vir die koning. “Daar kom u seuns. Dis net soos ek gesê het.”
Afrikaans 1933/1953
En Jonadab sê aan die koning: Kyk, daar kom die seuns van die koning; volgens die woord van u dienaar, so het dit gebeur.
Afrikaans 1983
“Kyk daar kom die koning se seuns,” het Jonadab vir die koning gesê. “Dit is net soos ek gesê het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jonadab sê toe vir die koning: “Kyk, daar kom die koning se seuns – dit gebeur net soos u dienaar gesê het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jonadab sê toe vir die koning: “Kyk, daar kom die prinse. Dit is wat ek vir die koning gesê het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jonadab sê toe vir die koning: “Daar kom die prinse! Sien u, dis net soos ek vir u gesê het!”