2 Samuel 14:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die vrou: Laat u dienares tog een woord met my heer die koning spreek. En hy sê: Gaan voort!
Afrikaans (NLV) 2011
“Mag ek net nog iets vir u sê?” sê sy. “Praat gerus,” moedig hy haar aan.
Afrikaans 1933/1953
En die vrou vra: Laat u dienares tog 'n woord met my heer die koning spreek. En hy antwoord: Spreek.
Afrikaans 1983
“Mag ek miskien net nog 'n enkele woord tot die koning rig?” vra die vrou. “Praat maar,” het die koning geantwoord.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Mag u slavin asseblief 'n woord met my heer die koning praat?” het die vrou gevra, waarop hy toe antwoord: “Praat!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê die vrou: “Mag ek vir Meneer die koning nog iets vra?” Die koning sê toe: “Ja, vra.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Mag ek nog iets vir u sê, U Majesteit?” vra die vrou. “Ja, sê maar,” antwoord die koning.