2 Samuel 17:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Absalom: Roep tog ook Husai, die Arkiet, en laat ons net so hoor wat hy sê.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar toe sê Absalom: “Bring Gusai die Erekiet in sodat ons kan hoor wat hy hiervan sê.”
Afrikaans 1933/1953
Maar Absalom het gesê: Roep tog ook Husai, die Arkiet, en laat ons ook hoor wat hy sê.
Afrikaans 1983
Maar Absalom het gesê: “Roep eers vir Gusai die Erekiet. Laat ons ook hoor wat hý te sê het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Absalom het egter gesê: “Ontbied ook vir Gusai, die man uit Ereg, sodat ons kan hoor wat ook hy te sê het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Absalom het gesê: “Roep asseblief ook vir Gusai van die stad Erek sodat ons kan hoor wat hy sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sê Absalom: “Roep ’n bietjie vir Gusai, die Erekiet, dat ons hoor wat hý te sê het.”