2 Samuel 19:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sê die koning vir Símeï: Jy sal nie sterwe nie. En die koning het hom gesweer.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe het hy vir Simeï met ’n eed belowe: “Jou lewe sal gespaar word.”
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê die koning aan S¡me‹: Jy sal nie sterf nie. En die koning het vir hom gesweer.
Afrikaans 1983
Verder het die koning vir Simeï gesê: “Jy sal nie doodgemaak word nie.” Die koning het dit vir hom selfs met 'n eed bevestig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sê die koning vir Simeï: “Jy sal nie sterf nie.” En die koning het dit vir hom met 'n eed bevestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het vir Simeï gesê: “Jy sal nie sterf nie.” Die koning het dit belowe en hy het gesê die Here is getuie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning het vir Simeï gesê: “Jy sal nie doodgemaak word nie.” Die koning het gesweer dat dit nie sal gebeur nie.