2 Samuel 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Isboset, die seun van Saul, was veertig jaar oud toe hy oor Israel begin regeer het, en hy het twee jaar geregeer. Maar die huis van Juda het Dawid gevolg.
Afrikaans (NLV) 2011
Is-Boset was 40 jaar oud toe hy koning van Israel geword het en hy het twee jaar regeer. Net Juda het hulle agter Dawid geskaar.
Afrikaans 1933/1953
Veertig jaar oud was Isboset, die seun van Saul, toe hy koning geword het oor Israel, en hy het twee jaar geregeer; net die huis van Juda het Dawid gevolg.
Afrikaans 1983
Saul se seun Is-Boset was veertig jaar oud toe hy koning van Israel geword het en hy het twee jaar geregeer. Net die Judastam het vir Dawid ondersteun.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Saul se seun Is-Boset was veertig jaar oud toe hy koning geword het oor Israel, en hy het twee jaar regeer. Net die huis van Juda het Dawid gesteun.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Is-Boset seun van Saul was 40 jaar oud toe hy koning oor Israel geword het en hy was twee jaar lank koning. Dawid was koning net van die Juda-stam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Is-Boset was 40 jaar oud toe hy koning geword het oor Israel en hy het twee jaar regeer. Dawid was net koning oor die mense van Juda