2 Samuel 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Joab, die seun van Seruja, en die dienaars van Dawid het uitgegaan en mekaar by die bad van Gibeon ontmoet; en hulle het gaan sit, die een aan die een kant van die bad en die ander aan die ander kant van die bad.
Afrikaans (NLV) 2011
Joab, seun van Seruja, het met Dawid se troepe uit Hebron getrek en Abner by die Gibeondam ontmoet. Die twee groepe het weerskante van die dam stelling ingeneem.
Afrikaans 1933/1953
Joab, die seun van Seruja, en die dienaars van Dawid het ook uitgetrek. En toe hulle mekaar ontmoet by die dam van G¡beon, het hulle gaan sit aan weerskante van die dam.
Afrikaans 1983
Joab seun van Seruja het hulle met Dawid se soldate tegemoet getrek en hulle by die Gibeondam gekry. Joab-hulle het aan die een kant van die dam gaan sit, en die ander aan die oorkant.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Joab, seun van Seruja, en die volgelinge van Dawid het ook uitgetrek en hulle by die dam by Gibeon teëgekom. Die een groep het aan die een kant van die dam gaan sit en die ander groep aan die ander kant van die dam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Joab seun van Seruja en die manne van Dawid het ook gegaan en hulle het vir Abner en sy manne by die Gibeon-dam gekry. Abner en die manne van Is-Boset het aan die een kant van die dam gaan sit, en Joab en die manne van Dawid het aan die ander kant van die dam gaan sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Joab, die seun van Seruja, en Dawid se manskappe het ook uitgetrek en hulle by Gibeonsfontein gekry. Die twee groepe het weerskante van die poel water gaan sit.