2 Samuel 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Abner vir Joab: Laat die jongmanne nou opstaan en voor ons speel. En Joab sê: Laat hulle opstaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe maak Abner ’n voorstel aan Joab: “Kom, laat ’n paar van ons soldate ’n vertoning gee van man-teen-man-gevegte.” “Goed, laat hulle dit doen,” stem Joab in.
Afrikaans 1933/1953
En Abner sê vir Joab: Laat die jongmanne hulle tog regmaak en voor ons speel. En Joab sê: Laat hulle regmaak.
Afrikaans 1983
Abner skreeu toe vir Joab: “Laat die jong manne eers hier voor ons 'n oorlogspel kom speel!” “Hulle kan dit maar doen,” was Joab se antwoord.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Laat die jong manne bietjie opstaan en voor ons kragte meet,” sê Abner toe vir Joab; waarop Joab antwoord: “Laat hulle opstaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê Abner vir Joab: “Kom ons laat die jongmanne eers speel, dan kyk ons.” Joab het gesê: “Goed, hulle mag dit doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Abner sê toe vir Joab: “Kom ons laat van die jongmanne die ding hier voor ons uitspook.” “Dis goed so,” sê Joab.