2 Samuel 2:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het daar opgestaan en deurgetrek volgens getal twaalf van Benjamin, wat aan Isboset, die seun van Saul, behoort het, en twaalf van die dienaars van Dawid.
Afrikaans (NLV) 2011
Twaalf man uit elke kant, dié van Is-Boset en dié van Dawid, is gekies om teen mekaar te veg.
Afrikaans 1933/1953
Toe het hulle opgestaan, en twaalf is vir Benjamin afgetel, naamlik vir Isboset, die seun van Saul; en twaalf van die dienaars van Dawid.
Afrikaans 1983
Twaalf man het toe namens Benjamin en Is-Boset na vore gekom, en so ook twaalf van Dawid se soldate.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het opgestaan en is in die verbykom afgetel: twaalf vir Benjamin – dit was vir Saul se seun Is-Boset – en twaalf van Dawid se volgelinge.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het twaalf van die manne van Benjamin en Is-Boset en twaalf van die manne van Dawid opgestaan en hulle het vorentoe gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle laat toe twaalf manne vorentoe kom wat vir die stam van Benjamin en Is-Boset moet veg, en twaalf wat vir Dawid moet veg.