2 Samuel 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar was 'n baie hewige geveg daardie dag; en Abner en die manne van Israel is geslaan voor die dienaars van Dawid.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna het die twee leërs mekaar aangeval. Teen die einde van die dag het Dawid se manskappe vir Abner en die leër van Israel verslaan.
Afrikaans 1933/1953
En dieselfde dag het die geveg buitengewoon hewig geword, maar Abner en die manne van Israel is verslaan voor die dienaars van Dawid.
Afrikaans 1983
Daardie dag het daar toe 'n hewige geveg ontwikkel, en Abner en die manskappe van Israel is deur Dawid se soldate verslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die geveg was daardie dag besonder straf, maar Abner en die manne van Israel is verslaan deur die volgelinge van Dawid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die oorlog het toe begin, en die manne het daardie dag hard geveg. Die manne van Dawid het vir Abner en die manne van Israel gewen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar het toe ’n woeste geveg uitgebreek. Abner en die manne van Israel het die slegste daarvan afgekom teen Dawid se manskappe.