2 Samuel 2:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar was drie seuns van Seruja daar, Joab en Abísai en Asahel; en Asahel was so lig van voete soos 'n wilde gemsbok.
Afrikaans (NLV) 2011
Joab, Abisai en Asael, die drie seuns van Seruja, was ook daardie dag daar. Asael kon so vinnig soos ’n wildsbok hardloop,
Afrikaans 1933/1953
En daar was drie seuns van Seruja: Joab en Ab¡sai en Asahel; en Asahel was lig op sy voete soos een van die gemsbokke wat in die veld is.
Afrikaans 1983
Seruja se drie seuns, Joab, Abisai en Asael, was ook daar. Asael was vinnig soos 'n wildsbok.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Seruja se drie seuns, Joab, Abisai en Asael, was ook daar. Asael was so vlug van voet soos een van die gaselle in die veld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar was drie seuns van Seruja. Hulle was Joab en Abisai en Asael. Asael het so vinnig soos 'n gasel gehardloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Al drie Seruja se seuns, Joab, Abisai en Asael, was in die geveg. Asael was so rats soos ’n ribbok.