2 Samuel 2:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Abner vir hom: Draai jou af na jou regter- of linkerhand, en gryp een van die jongmanne aan en neem sy wapenrusting vir jou. Maar Asahel wou nie afwyk om hom te volg nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Draai weg van my af,” sê Abner. “Pak liewer een van die jonger manne en vat sy wapens.” Maar Asael het geweier en het volgehou om hom te agtervolg.
Afrikaans 1933/1953
En Abner sê vir hom: Draai uit na jou regter-- of linkerhand en gryp vir jou een van die jongmanne en neem sy uitrusting vir jou. Maar Asahel wou nie agter hom wegdraai nie.
Afrikaans 1983
Abner sê toe vir hom: “As jy agter 'n uitrusting aan is, draai weg in enige rigting, oorrompel enige jong soldaat en vat syne.” Maar hy wou nie wegdraai nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Abner sê toe vir hom: “Draai links of regs weg, en pak een van die jong manne! Vat vir jou sy wapenrusting!” Maar Asael wou nie van agter hom wegdraai nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê Abner vir Asael: “Jy moet wegdraai en jy moet met een van die jongmanne veg, dan kan jy sy wapens en klere vir jouself vat.” Maar Asael wou nie wegdraai agter Abner nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Abner skree vir hom: “Hou op om my te jaag! Vang een van die jongmanne en vat sý wapens!” Maar Asael wou niks weet van wegdraai nie.