2 Samuel 2:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Abner sê weer vir Asahel: Gaan weg van my agtervolg; waarom moet ek jou teen die grond slaan? hoe moet ek dan my aangesig voor jou broer Joab hou?
Afrikaans (NLV) 2011
Abner het weer vir hom geskree: “Hou op om my te agtervolg! Hoekom moet ek jou doodmaak? Hoe sal ek weer jou broer Joab in die oë kan kyk?”
Afrikaans 1933/1953
En Abner sê nog 'n keer vir Asahel: Jy moet padgee agter my; waarom moet ek jou teen die grond slaan? Hoe sou ek dan my aangesig kan ophef voor jou broer Joab?
Afrikaans 1983
Abner het weer vir hom gesê: “Gee pad agter my! Waarom moet ek jou doodmaak? Hoe sal ek jou broer Joab in die oë kan kyk?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Abner sê toe weer vir Asael: “Gee pad hier agter my! Waarom moet ek jou platslaan? Hoe sal ek dan jou broer Joab in die oë kan kyk?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Abner het weer gesê: “Jy moet wegdraai agter my. Ek wil jou nie doodmaak nie, want dan sal ek nie in jou broer Joab se oë kan kyk nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Abner skree toe weer vir hom: “Gee pad hier agter my! Ek gaan jou doodmaak! Hoe sal ek dan weer jou broer Joab in die oë kan kyk?”