2 Samuel 2:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe roep Abner Joab en sê: Sal die swaard vir ewig verteer? Weet jy nie dat dit aan die einde bitterheid sal wees nie? hoe lank sal dit dan duur voordat jy die volk beveel om terug te keer van agter hulle broers aan?
Afrikaans (NLV) 2011
Abner skree toe vir Joab: “Moet ons altyd ons verskille met die swaard oplos? Besef jy nie dit sal net tot bitterheid lei nie? Wanneer gaan jy vir jou manskappe sê hulle moet ophou om hulle broers te agtervolg?”
Afrikaans 1933/1953
Toe roep Abner na Joab en sê: Moet die swaard dan vir ewig verteer? Weet jy nie dat dit oplaas bitter sal wees nie? En hoe lank sal jy nie aan die manskappe sê dat hulle moet omdraai agter hulle broers vandaan nie?
Afrikaans 1983
Toe skreeu Abner vir Joab: “Moet die swaard aanhou verteer? Besef jy nie dat die uiteinde net bitterheid is nie? Wanneer gaan jy eendag die manskappe beveel om nie meer hulle broers te agtervolg nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Abner roep toe na Joab. Hy het gesê: “Moet die swaard dan vir altyd verteer? Besef jy nie dat dit uiteindelik net bitterheid bring nie? Gaan jy dan nooit vir die manskappe sê om die agtervolging van hulle broers te staak nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Abner het vir Joab geskree: “Moet ons aanhou om mekaar dood te maak? Jy moet dit weet: Alles sal slegter en slegter word as ons aanhou veg. Wanneer sal jy vir jou manne sê hulle moenie aanhou om hulle broers te jaag nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe skree Abner: “Joab! Moet ons dan vir altyd aanhou veg? Jy weet goed waar dit gaan eindig: almal gaan bitter kwaad en ongelukkig wees! Hoekom sê jy nie vir jou manne hulle moet ophou om hulle eie mense te jaag en dood te maak nie?”